Ter inleiding

Die cliché eerste blog post begin met gewoonlik met iets soos, “Hallo julle, ek het besluit om ‘n blog te begin, want ek hou van skryf, blah-di-blah…” Hoewel ek in hierdie geval eintlik in dieselfde posisie verkeer, was ek nog nooit regtig een vir clichés nie.

Volpunte vir die een wat hierdie lees en dink, “Is dit nie juis cliché om te sê dat mens nie een vir clichés is nie?”

Skuldig. Maar elke goeie ding in die lewe kort ‘n goeie inleiding, en daar is ‘n rede hoekom clichés clichés word: hulle werk.

As jy die moeite gedoen het om die “About”-link te kliek, sal jy teen hierdie tyd al weet dat my naam Rouxné van der Westhuizen is (ja, daar is ‘n silent X in my naam. Ek verstaan dit ook nie, maar dit hou my andersins redelik gewone lewe interessant). Ek is, eenvoudig gestel, ‘n kreatiewe siel met ‘n avontuurlustige hart, ‘n realis en ‘n dromer (erkenning aan my goeie vriend, Jaco Linde, wat my daardie treffende paradoks gegee het), en – natuurlik – ‘n skrywer. Of altans, ek beplan om een te word. Eendag.

Die doel van hierdie blog is NIE om ‘n dagboek te hou nie – dis weird. Ek weet, om die waarheid te sê, nou nog nie lekker wat ek hiermee beplan nie. Maar ek dink dit kan ‘n goeie idee wees om so nou en dan ‘n paar van my pogings-tot-kortverhale en amateur-gedigte tussendeur my ander inskrywings te post, net om te wys dat ek ernstig is oor die skryf-ding. Dié wat dit wil lees, is natuurlik welkom om kommentaar of kritiek te lewer, my selfbeeld is sterk genoeg – belowe.

Om af te sluit, welkom – aan my ook – en kom ons kyk waarheen hierdie gaan. Ek is wel nuut hierin, so asseblief, al julle gesoute blog-lesers en -eksperts: bear with me.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s