Van ‘n vriend

Ek het die kopiereg van hierdie gedig by ‘n vriend van my gekry, wat graag anoniem wil bly maar wat eintlik ‘n diep hart het wat met die wêreld gedeel behoort te word – sonder dat hy dit weet.

Let wel, weereens, dit is nie my eie nie. Maar ek voel dis ‘n goeie dag wanneer ‘n mens iets moois kan deel, ook as dit van iemand anders af kom.


Millennium

Druk my bors vas in hierdie besoedeling,
Verstik my mooi bedoeling.
Smag na asem in hierdie
skynwerklikheid,
Wat is ons realiteit?
‘n Lewe van geraas en ‘n gejaag na wind –
Ek is die postmodernistiese kind.
Bevraagteken alles wat onsigbaar is,
So asof my oë die wonderwerke mis.
Vasgevang in die idee van gelukkigheid
So tussendeur mense se gulsigheid.
Liefde word gevind in ‘n verwronge idee.
Hierdie wêreld gee onder die las van geldsgodsdiens mee.

Ek is ‘n kind van die Lig
Wat gereeld onder die las van die donker swig.
‘n Konstante tweestryd in my hart,
‘n Stryery tussen wit en swart.

Advertisements

One Comment Add yours

  1. Die Soektog sê:

    Diep-diep mooi!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s