In die tyd van droogte

Dié wat gewoonlik op hoogte bly van die nuus, of dié wat in die dag buitentoe gaan en agterkom hoe hulle net outomaties begin sweet, sal al bewus wees van die feit dat ons land tans ‘n hewige droogte ervaar. Die Noordwes-provinsie, onder andere, is ook as ‘n ramp-sone verklaar deur die een of ander water-en-sanitasie-outoriteit wie se presiese naam ek nie nou kan onthou nie.

Die afwesigheid van reën bring ‘n afwesigheid van positiwiteit, in my opinie. Dit is tans die middel van die eksamen, en wie kan nou helder dink wanneer jy uitgeput en natgesweet by ‘n toetslokaal inloop? En dit nadat jy ‘n volle iets-wat-voel-soos-vyftig-kilometer in die versengende son gestap het? En dit help ook nie eers jy los die hele woestyn-ekspidisie kampus toe, lê in jou kamer en wag vir die tweede geleentheid nie – al wat daardie koshuiskamer-grootte Game-waaiertjie doen, is om die warm lug in jou kamer rond te waai.

Ek oor-dramatiseer dit dalk – maar kom ons sê net, ek het drie dae laas die warm kraan in die stort oopgedraai. Dís die vlak van hitte wat ons tans ervaar: ‘n welkome, verligtende koue stort.

Nodeloos om te sê: ek mis nogals die see op hierdie stadium.

Maar, ons hoop sal nie gedemp word nie – die reën is op pad. Die weervoorspellers sê so, en die inwoners van die noordelike provinsies van die land glo desperaat daarin.

Ek het op die volgende in een van my ou graad 9-notaboekies afgekom. Nogals gepas, sou ek sê. Dalk kan dit ‘n bietjie inspirasie verskaf vir dié wat nie meer kan onthou hoe lyk reëndruppels teen ‘n ruit nie.

Dit was lank terug, so ek kan nie die presiese boodskap of idee daaragter onthou nie. Maar reënweer het soms die vermoë om enige skrywer heeltemal te diep te laat dink.


 

Sag die waterkneukels
teen ‘n enkele ruit
druppel
vir
druppel
teen die venster – gesluit

is die wêreld daarbuite
in ‘n koulike grys
wat somergeluide
meedoënloos verys

en só die koue trane
van weemoed laat bloei
wat druppel
vir
druppel
teen die siel se vensters gloei.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s