Sondag

Vandag was dit Sondag. Vandag het ek eers om 16:50 uit my pajamas geklim, alhoewel ek 10:00 al opgestaan het, en dit was slegs om ’n pizza saam met ’n vriendin te gaan koop.

Ek het vandag gedink aan al die werk wat vir die week voorgelê het, en ek het oorweeg om ten minste voor te berei, uiteen te sit wat ek wanneer wil doen, maar ek het nie.

Ek het my rekenaar oopgemaak, en ek het ’n halwe seisoen van Whose Line Is It Anyway? gekyk, onder my pers wolkombersie op my stoel by die lessenaar.

Ek het die venster oopgemaak, vir vars lug, maar ek het nie buitentoe gegaan nie. Want ek was die vorige dag buite: dis herfs, dis koud maar nog nie té koud nie, en dit maak dit net onaangenaam om te besluit wat om aan te trek.

Ek het geleef op die gesondheidsbeskuit wat my ma vir my saamgestuur het na die langnaweek by die huis, en ek het nie een keer my foon van silent afgehaal nie.

En ek het nie my tee vandag swart en bitter gedrink soos ’n mens kwansuis “tee moet waardeer” nie. Vandag het ek my tee gedrink soos wat ek daarvan gehou het toe ek klein was: rooibos, met baie melk, en een opgehoopte teelepel suiker. En ek het gewonder: wanneer is ek só deur die samelewing beïnvloed dat ek begin glo het dis ’n sonde om soet tee te drink? Dit is nie. Dis lekker.

‘n Mens het soms suiker nodig, sommer net omdat dit soet is en sommer net omdat jy lus het vir iets soets. En omdat dit Sondag is.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s