Goeiemôre

Ek het myself nog nooit as ’n oggendmens beskou nie.

Ek wou al baie kere een gewees het, om die waarheid te sê. Die enkele oggende wat ek vir die een of ander verpligting vroeg móés opstaan, het ek elke keer die koel, jong môre rondom my bekyk en gedink, “Miskien moet ek elke oggend vroeg opstaan, net om al hierdie weer te kan sien!”

Alles lyk nuut in die oggend: die bome wat ook nounet wakker geword het… En hulle lyk nog goed ook nog, anders as ek wanneer ek so pas opgestaan het. Dieselfde met die voëls, wat ’n baie mooier stem as enige mens daardie tyd van die oggend het.

Dis selfs beter as daar wolke in die lug is, want hulle tel dan gewoonlik allerhande kleure van die son op wat ’n mens nooit andersins sien nie. Altyd oranje of ligte pienk, of op ’n ontstuimige dag, silwer… want in die oggend is selfs onweer mooi.

Ek belowe myself elke keer as ek hierdie dinge raaksien, op ’n oggend wat ek vyf-uur of ses-uur opstaan en moet begin met my bedrywige studenteskedule, dat ek dit meer gereeld moet doen. As ’n mens vroeg begin, dan is jy boonop sommer meer produktief ook vir die res van die dag!

Dan kom die volgende oggend, en ek besef ek het reeds verby nege-uur geslaap. Seker maar oor ek moeg was ná die vorige nag se min slaap.

Ag wat. Miskien laat dit jou dit net nog meer waardeer, as jy dit net so nou en dan ervaar… Op ’n dag wat jy régtig nodig het om goed te begin.

Advertisements

One Comment Add yours

  1. Van der Westhuizen says:

    Net so nou en dan… is dit nodig om die mooi te waardeer… soos ons vir jou… ALTYD…

    Pa

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s