Oor Kliptrappe en Kristal

Daar is ’n meer in Slowenië waar jy, tot vier meter diep, die klippies op die bodem kan sien.20170710_103548

Die dorpie Bled het ’n horison-uitkyk op ’n stukkie van die Alpe. Die Bled-meer is veral ’n pragtige natuurverskynsel, geleë tussen ’n handvol bergkoppe. ’n Ou klipkasteel, eie aan Europa, pryk hoog bo die meer op een van die koppe en kyk rojaal uit oor die res van die dorp.

Ek voel bevoorreg om te kan sê dat ek ’n dag op hierdie idilliese plek spandeer het. Dit was net ’n dag ‒ maar dit was genoeg om my te oortuig om terug te kom vir (ten minste) ’n week in die toekoms. Indien ek weer die geleentheid kry.

20170710_103403Die plek is ’n paradys. Saam met my mede-PUK-koorlede het ek in die kristalblou water van Lake Bled geswem, en die bekende Sloweniese roomkoek by die plaaslike waterkant-hotel geëet. Ek het met een van die “pletna”-bootjies (sien die blog se hooffoto), wat elkeen deur een man alleen geroei word, tot by die eiland in die middel van die meer gery. Hierdie eiland is die eintlike trekpleister vir toeriste. En wanneer jy hom eers gesien het, is dit ook nie moeilik om te raai hoekom nie.

Bled_Pogled na otok in grad_1Die eilandjie ‒ Blejski Otok ‒ het ’n kerktoring in die middel daarvan, deel van die Gotiese “Virgin Mary”-kerkie met ’n lang geskiedenis. Dit is aanvanklik gestig as ’n tempel vir die heidense liefdesgodin, Živa. Toe die plaaslike mense egter rondom die jare 700’s na Christenskap gekonformeer is, is dit omskep in ’n kapel ter ere van die Maagd Maria. Die Gotiese toring is in die 1400’s gebou en die kerk soos wat hy nou lyk in die 17de eeu, tesame met die ikoniese stel 99 kliptrappe.

Terwyl ons die 21ste-eeuse roomys- en geskenkwinkeltjie op die eiland ondersteun het, het dié wat die plek vooraf ge-“google” het ons met hulle kennis verryk. As ’n mens by die kerktoring opklim en die klok drie keer lui terwyl jy ’n wens maak, dan is daardie wens verseker om waar te word. Nog ’n oulike tradisie is dat ’n bruidegom sy bruid by die ikoniese “99 Steps” moet opdra voor hulle in die eiland-kerkie kan trou. Dit sal ook, uit die aard van die saak, vir hulle geluk in hulle toekomstige huwelik bring.

Ek wou nie die vyftien Euro’s betaal om in die toring te klim en die klok te lui nie. Ek het eerder die asemrowende goue beelde en dekor binne-in die kerkie deur die venster beloer (dit het ook geld gekos om dáárin te gaan). My kunshart het ek ook gevoed deur die galery bokant die geskenkwinkel besoek. Dit klink seker suinig, maar glo my: die gelato-roomys was dubbel en dwars die moeite werd. En ek het steeds mooi foto’s geneem.20170710_105339

My naam en my eenvoudige Engelse besinning oor die skoonheid van Slowenië staan in die besoekersboek van die galery geskryf. Eendag sal ek wil terugkom, ’n kortverhaal of vier oor die eiland en die meer en die mooi dorp wil skryf… En gaan kyk of my naam nog iewers daar op Blejski Otok geskryf staan.

Dit sal seker ’n bietjie onbillik wees om van my toekomstige man te verwag om my te dra tot daar.Bled_panorama1

(Feite en sommige foto’s verkry vanaf ‘n oulike webtuiste oor Bled Island)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s