Ha… Ha… Hartbees-poortdam!

“Dis ‘n lekker dam, waar die vissies die hele dag byt.” Wicus van der Merwe het kliphard in die klein, rooi Vrystaat-karretjie gespeel waarin ek en ‘n groep vriende by Hartbeespoort in gery het.

Ek was nog nooit daar nie. Ek het ook nie geweet dis waarheen ons gaan nie – my vriende het my verras met ‘n vroeë verjaarsdaguitstappie. Hulle het my sesuur die oggend uit die bed uitgejaag, my in ‘n kar gelaai en my amper twee ure later geblinddoek. Ek mag hom eers afgehaal het toe ons naby genoeg aan ons bestemming was…

Dit was ‘n Sondag, twee weke voor my eintlike verjaarsdag, maar dit was blykbaar die enigste dag waarop die hele vriendekring beskikbaar was vir ‘n langpadsessie. Ek moet seker ook noem dat ons bestemming só ‘n groot geheim was, dat hulle my almal oortuig het dat ek die regte klere moes aantrek om vuil te word: ons gaan “DIY kleipotte by ‘n Afrika-plek maak.”

Nodeloos om te sê, ek was aangenaam verras.

Hartbeespoort-Dam

Hierdie prentjie laat my verstaan hoekom daar liedjies oor die plek geskryf word. My eerste gedagte was dat dit my herinner aan Millstatt, die pragtige waterkant stad in Oostenryk – ek het laas jaar die voorreg gehad om tydens ons koortoer dié stad te besoek.

Ons eerste stop was Frankryk.

Die filmstel van Hartiwood Produksies se fliek, “French Toast”, gee letterlik die indruk dat jy in Parys is. Daar is die mooiste winkeltjies en Franse-styl restaurant, met ‘n staal Eiffel-toring en ‘n slotbrug, nes die een in die Franse Liefdestad (net aansienlik kleiner in skaal).

 

 

Ek kon nie anders as om French Toast te eet nie. My eerste verjaarsdaggeskenk het ek buite gekry: ‘n slot, met my naam en die datum, wat ek aan die brug of Eiffel-toring kon vasmaak. Aan die ander kant was ons vriendekring se 3 jaar-oue WhatsApp-groepnaam, Die Naguile.

Na hierdie Franse ervaring, het ek weereens nie geweet waarheen ons ry nie. Totdat ek ‘n reuse windmeul in die verte begin sien het. Ek was nie seker of dit ‘n museum was nie, of ‘n landmerk, of dalk ‘n monument wat jare terug deur Nederlanders opgerig is nie…

 

IMG_2634
Jasmyn, die winkelsentrum net buite die dorp.

Groot was my verbasing toe ek uitvind wat dit is: ‘n boeremark. “Jasmyn” is een van die bekendste winkelsentrums in die streek. Dit het ‘n plaasstal atmosfeer, maar is net groter. Plaaslike boere het elke naweek ‘n stalletjie hier, en daar is onder andere ‘n winkel in die windmeul met die mooiste meubels en kussings en ornamente.

Ek het tuisgemaakte Turkish Delight by een van die boerestalletjies geëet.

Nog ‘n motorrit en baie verkeer op Hartbeespoortdam se brug (wat, vreemd genoeg, baie soos die Arc de Triomf lyk) het ons ‘n drankie langs die dam geniet by ‘n gesofistikeerde boot-klub. Ons moes die kar inteken en ‘n nommer op die dak sit en alles. Daar was hier en daar ‘n vreemde kyk gegooi na die groep studente wat spontaan hier by die fênsie restaurant opdaag – maar ons aandag was op die mooi blou water langs ons en die wyn en ystee voor ons.

IMG-20180211-WA0026
Die ou Romeinse boog bo die brug wat oor Hartbeespoortdam lê.

Die drankies het nie lank geneem nie – ons moes immers weer oor die verkeer-nagmerrie van ‘n brug terugry. Asof Google Maps aangevoel het ons was nie lus daarvoor nie, het ons ‘n heel ander pad gevat en omtrent vir ‘n halfuur lank in ‘n woonbuurt verdwaal.

Ons het nie eers weer die brug gesien nie.

Natuurlik kon ek ongelukkig nie die bestuurders help nie, aangesien ek nie mag geweet het waar ons laaste stop is nie.

As gevolg van die hele verdwaal-episode, het ons sommer verby die afdraai gery. Toe draai ons maar om, en ry terug tot by die ingang van…

IMG_2644
Welkom by Pretville!

Dis reg, ja. Pretville. Nog ‘n filmstel van ‘n Afrikaanse fliek. Ons het selfs die fliek in die plek se outydse bioskoop gekyk (dit was nou wel ‘n data-projektor, nie die egte outydse rolprent nie). Hoewel ek al beter flieks gesien het – persoonlik sal geen film in Afrikaans ooit kan kers vashou by Ballade vir ‘n Enkeling nie, so ek is dalk bevooroordeeld – was dit as’t ware hope ‘pret’!

27752201_10158285591019619_8862792909526514679_n
Die stel van Pretville laat jou wens jy het in die Elvis- en Grease-era geleef.

Ek was nie reg aangetrek nie. Eintlik moes ek ‘n pastel-pienk uitskopromp en polka-dot knopieshemp aangehad het, met ‘n ‘beehive’ en te-groot pêrel oorbelle. Die dorp het nie baie besoekers gehad nie, so ons kon vrylik na als kyk en foto’s neem… En die liedjies van Machiel Roets, wat hy spesiaal vir die 50’s-styl fliek gekomponeer het, het vreemd genoeg in my kop bly vassit.

Wat is die 50’s sonder ‘n melkskommel en ‘n burger? Om die dag af te eindig, het ons die “diner” langs die bioskoop besoek vir ‘n welverdiende laat-middagete.

 

Eintlik was ‘n dag te kort. Vir iemand wat al as klein dogtertjie na Wicus van der Merwe se liedjie geluister het, sou ek graag hierdie mooi dorp beter wou leer ken. Ek verstaan beslis waarom dit so ‘n gewilde weggaan-plek vir baie mense in die land is! Om eerlik te wees, sou ek nou nog nie kan navigeer tot daar nie. Maar ten minste was ek daar. My vriende, wat hierdie wonderlike dag vir my gereël het, is beslis dié van die bestes wat jy kry.

Ek het tot aan die einde toe nog gevra: “Wanneer gaan ons nou die Afrika-potte maak?”

IMG-20180211-WA0046

Advertisements

3 Comments Add yours

  1. storiesvangister says:

    Jy vat my ver terug. Een donker nag in my student dronkenskap op “Roos se Oord” ‘n moerse aambeul gesteel. Staan nog hier in my garage soos ‘n lang vergewe skuldgevoel.

    Liked by 1 person

  2. AwethentiQ says:

    Oulike artikel en boonop kry jy die dam se naam reg, min mense slaag daarin.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s