Jong Sweedse koor maak “fantastisk musik”

So ‘n rukkie terug is ek weggevoer na Swede deur ‘n hoërskoolkoor. ’n Groep leerders van die Stockholm-musiekakademie het op 27 Februarie Potchefstromers in die NWU-Konservatorium in vervoering gehad met ‘n diverse repertoire van kultuurryke koorsang.

Dit is die eerste keer dat dié koor Suid-Afrika besoek. Die toer vind plaas ter viering van die dirigent, Bengt Ollën, se aftrede as onderwyser aan die Stockholm Musiekgimnasium einde vanjaar. Hy lei die koor al sedert 1994 en is ook in koorkringe bekend vir sy werk as dirigent van die Sofia Vokale Ensemble.

Die koor het die optrede geopen met ‘n komposisie deur Ollën. Lede het van agter af ingestap gekom en om die gehoor gestaan en sing. Die res van die program (op die verhoog) het gewissel tussen nog komposisies deur die dirigent, Skandinawiese volksliedjies en meer klassieke koorverwerkings. Hulle het ook ’n Japannese komposisie gesing. Die gehoor het die koor luid toegejuig ná hul unieke weergawe van die Xhosa-lied “Indodana”.

Kobus Venter, dirigent van die NWU-PUK-koor, het gesê dis lekker om aan ander tradisies en kulture blootgestel te word. “Hulle het hul eie styl, en om dit te hoor is altyd interessant. Ons is omring deur ons eie kore, maar ons weet nie altyd hoe klink ander kore nie. En om op YouTube daarna te kyk is nooit dieselfde as om dit lewend te ervaar nie.”

Die verskillende kore van die Stockholm Musiekgimnasium speel ‘n prominente rol in die musikale lewe van Stockholm. Hulle is betrokke by verskeie projekte saam met produksiemaatskappye, “Rikskonserter” en Sweedse Radio.

Die koor se Suid-Afrikaanse toer het in Gauteng begin en optredes vind ook in KwaZulu-Natal en Kaapstad plaas.

Dit was vir my ‘n voorreg om ‘n Dinsdagaand te kon spandeer in die musikale teenwoordigheid van hierdie talentvolle tieners – sien ook die formele artikel wat ek vir NWU Potch Kunste geskryf het hier. Daar is ook vele ander opwindende konserte wat vir die res van die jaar by die NWU Konservatorium beplan word!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s