Skryf ‘n kortverhaal vir Rusplekstories

Die Byderhand-projek onder die NWU Skool vir Tale bied nou ‘n kortverhaal-skryfkompetisie aan waarvoor enige iemand op die Potchefstrooomkampus kan inskryf.

Byderhand is nie sommer enige vervelige navorsingsprojek nie. Dis ‘n interaktiewe projek wat QR-kodes gebruik waarmee mense ‘n plekspesifieke ervaring van digitale literatuur kan kry, sommer op hulle eie slimfoon of tablet. Al wat jy hoef te doen, is die QR-leser aflaai, die kode skandeer – en siedaar! Onmiddellik kan jy ‘n storie of gedig lees/luister. Die hele idee van “plekspesifiekheid” is dat die storie of gedig wat jy lees, afspeel in die plek waar jy die QR-kode skandeer.

Byderhand is aanvanklik as ‘n interaktiewe leesfees by Aardklop 2015 in Potchefstroom aangebied. Dit het verskeie afdelings gehad: Rusplekstories, waar feesgangers kortverhale oor Potchefstroom by die Boeke-Oase kon lees; Taxi-strips, waar ‘n mens nuwe QR-taxi-karakters op elke pendelroete kon ontmoet; die Dwaalverhaal, ‘n verhaal wat ‘n mens deur middel van episodes (verskillende QR-kodes) op verskillende plekke ‘n tienerverhaal by die Hoër Tegniese Skool kon volg; en Tuinverse, wat op die bankies van die Botaniese Tuine gelees kon word.

Die Byderhand Tuinverse is nou ‘n permanente instelling, en kan steeds in die Botaniese Tuine ervaar word. Die ander uitbreiding van die projek wat permanent aangebly het, is die Rusplekstories – hierdie keer as kortverhale wat enige iemand in die spyskaarte van De Jonge Akker-koffiewinkel op kampus kan lees.

En hiervoor is daar ‘n kompetisie waarvoor studente of personeel op die kampus kan inskryf! Enige storie wat afspeel in De Jonge Akker, die Studentesentrum, die kampus, die Bult, die Akkerlaan of Potchefstroom kan ingeskryf word. Die wenstories word dan opgeneem in die Byderhand-versameling, en sal in De Jonge Akker gelees kan word.

Vir meer volledige inligting oor dié kompetisie, kliek hier.

Hier is ook ‘n lekker video, saamgestel deur my en my mede-joernalistiekstudente, wat ‘n bietjie meer vertel oor Rusplekstories.

Advertisements

One Comment Add yours

  1. storiesvangister says:

    Wens ek was weer student

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s