Wenke van ‘n amateur videograaf

29133348_2060488097564960_5835630738623430656_n
HONNEURS IN AKSIE: Hierdie is die joernalistiekstudente se byna-daaglikse kampus-aktiwiteit. FOTO: Bianca Thatyana

Om video’s te skiet, te redigeer en te versprei is nie so maklik soos wat sommige mense dit laat lyk nie.

Hier is ’n paar dinge wat ek en die ander drie studente van die joernalistiek-honneursgroep geleer het in die vyf weke waarin ons ’n beginner YouTube-nuuskanaal moes bestuur:

  1. ‘n Goeie video begin met hoe dit lyk as jy die kamera oplig. Wanneer jy skiet, maak seker die lig lyk reg (óf lig óf donker, sodat die kamera aanpas. Geen kolle of spikkels nie). Om tussen 12:00 en 14:00 te neem is ook nie wys nie, want die lig kom reg van bo af. Die persoon wat jy afneem, gaan donker skaduwees onder hulle oë en neus hê soos ’n bose fliekkarakter.
  2. Kopspasie is belangrik. Dis nie dat iemand vet lyk as hulle die hele skoot vol staan nie ‒ net ongemaklik.
  3. Die bokant van die mikrofoon moet reg voor die persoon in die skoot se borsbeen sit.
  4. Enige ekstra spasie langs die persoon kan gevul word met groter armbewegings of tekselemente by redigering.
  5. Kry genoeg klanklose materiaal en/of stilfoto’s om variasie te bied by die samestelling van die video. Dit werk goed as ‘cut-outs’ saam met ’n stemopname.
  6. Die aanbieder(s) moet almal vanaf dieselfde afstand geskiet word en ’n samevattende skoot aan die einde hê.
  7. Beplan deeglik voor die tyd: draaiboek, skote, liggings, onderhoude en al die ander elemente. Dit help om vinnig en effektief te skiet en te redigeer.
  8. Om onderskrifte en titels in te voeg, maak die video professioneel. Gebruik iets wat die beste pas by die tema en die voorwerpe op die video.
  9. Hê deeglike kennis oor die sagteware waarop jy die video redigeer (in ons geval, Adobe Premiere Pro). Dit maak die proses vinniger, en lei tot ’n beter eindproduk. Weet sommer hoe die kamera, driepootstaander en mikrofoon ook werk, van die begin af.
  10. Toets die video eers op elke toestel waaraan jy kan dink voordat jy dit publiseer. As die klank byvoorbeeld nie reg werk nie, is dit ekstra moeite om dit later reg te maak en van voor af op te laai. Raai ook almal wat jy ken aan om die nuwe Adobe Flash Player te kry – blykbaar het dit ‘n invloed op hoe hulle die klank gaan hoor.

’n Laaste belangrike gedagte: hê die selfvertroue om die video te deel. Terugvoer help baie meer as wat jy dink, en maak elke video beter. Hier is ‘n voorbeeld van een van ons onlangse video’s – teken aan by ons YouTube-kanaal, Fake News Friday.

Advertisements

3 Comments Add yours

  1. AwethentiQ says:

    Mmm oulike wenke, ek berei voor om vlogging te begin doen. Sal Final Cut Pro moet leer. Ek is van1982 af in IT maar daar is altyd iets nuuts. Twee goed wat ek verpes omdat dit “attack vectors” is vir “malware” is juis Flash Player en Java.

    Like

    1. Ek stem saam oor die Flash Player, ons het aansienlik probleme opgetel tydens ons projekte. Maar baie sterkte met die vlogging, dis ‘n goeie onderneming!

      Like

      1. AwethentiQ says:

        Spaar vir die regte toerusting, Canon 80D, Rhode-mikrofoon, ens. Ek is lus en edit sommer in OpenShot of Fusion9 in Linux. Meeste Hollywood-blockbusters word in Fusion geredigeer. Ook op Linux, dus hanteer die hardeware dit soveel makliker.

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s