My ‘Happy Song’

Almal het daardie een liedjie.

Elke keer as hy speel, maak nie saak in watter bui jy is, of wat als met jou daardie dag gebeur het nie… hy laat jou hart ligter en gelukkig voel. Dit kan dalk die ritme wees, die wysie, die storie, of dalk net Billy Joel se stem, in my geval. Jy kan net nie anders as om te glimlag nie.

Ons het ’n dosent wat elkeen van haar klasse begin met ’n ‘happy song’, voordat sy met die dag se werk begin.

Hierdie is myne. Maar regtig, dit is die liedjie wat ek nou die dag voorgestel het om te speel voor die klas. En dit was juis nogal ’n dag wat ek dit nodig gehad het.

Maak nie saak hoe sleg jy voel die dag nie, onthou: daar is altyd iewers drie minute en twee-en-twintig sekondes om na jou ‘happy song’ te luister. Dankie, Dr. Kloppers, vir hierdie lewensles.

Geniet “Uptown Girl” van Billy Joel se 1983 album, “An Innocent Man.”

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s