World Choir Games kom SA toe!

Die Wêreld Koorspele, wat elke tweede jaar deur die Duitse maatskappy Interkultur aangebied word, vind vanjaar vir die eerste keer op die Afrika-kontinent plaas. Die Potchefstroomkampus se eie NWU PUK-Koor gaan ook in die komende Julie-vakansie aan hierdie kompetisie in Pretoria deelneem.

Die World Choir Games is bekend as die Olimpiese Spele vir koormusiek. Honderde kore van regoor die wêreld reis van hulle tuisland af om hierdie geleentheid by te woon, en dit vind elke keer op ’n ander kontinent plaas. Hierdie jaar is dit die tiende keer wat die kompetisie aangebied word.

Die NWU PUK-Koor gaan in die volgende kategorieë kompeteer: ‘Gemengde Kore’ en ‘Gewyde Musiek met Begeleiding’. Volgens Kobus Venter, die dirigent van die PUK-Koor, is die agt-en-vyftig koorlede baie opgewonde oor die uitdaging wat die kompetisie vir hulle bied. Hulle is gefokus en toegewyd, en die blyk ook in hulle repetisies. “Dit maak bietjie van ’n verskil as ons ons fokus soontoe skuif, in terme van ons voorbereiding,” sê Venter. Daar is dus ’n heel ander, opwindende gevoel aan die oefeninge as jy vir ’n groot kompetisie, soos dié jaar s’n, voorberei.

“Geluk bo geluk is dit nou in 2018 in Suid-Afrika, so nou kan ons deelneem sonder dat ons te ver hoef te reis,” sê Venter. Die PUK-Koor het in 2014 ook aan die World Choir Games deelgeneem toe dit in Riga, Letland, gehou is. Volgens Venter mis hulle dit gewoonlik, omdat die koor slegs elke drie jaar ’n oorsese toer onderneem. In 2014 het hulle Europese konserttoer toevallig saamgeval met die World Choir Games in Riga. In 2016 is dit in Sochi, Rusland, aangebied.

Die World Choir Games dien as ’n geleentheid waar kore van heinde en verre bymekaar kan kom om hulle musikaliteit ten toon te stel. Die PUK-Koor gaan van 4 tot 8 Julie by hierdie kompetisie ook húlle besondere boodskap met die ander kore van die internasionale musiekgemeenskap deel.

Kyk gerus na die audio slideshow hieronder vir meer inligting, en kommentaar van die dirigent:

Advertisements

2 Comments Add yours

  1. Ek het jou blog ontmoet via die Reader se recommended posts. Ek sien jy hou van humor indien jy wesenlike verveeld is kan jy gerus hierdie lees (en vir my ‘n rekening stuur as jy nie) en nee dit gaan nie oor wat die titel klaarblyklik impliseer dit gaan nie – maar daardie ontknoping kom op die einde. https://abriejoubert.wordpress.com/2016/05/21/die-dag-toe-tertia-in-n-man-verander-het/

    Liked by 1 person

  2. My jongste dogter vlieg vrydag wat nou kom saam met die Bellville Hoerskool-koor om deel te neem. Sy is baie opgewonde. My oudtse dogter wt volgende jaar gaan swot het ek aangemoeding om by Potch te gaan studeer met die kerel in die Kaap wil sy niks daarvan weet weet nie en o ja ons het Desember in Hartenbos gekamp.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s