Gym toe. Lekker?

Die volgende plasing kan óf as humoristies opgeneem word, óf as uiters beledigend. Dit hang grootliks af van hoe aktief jy by jou plaaslike gym is en hoeveel waarde jy aan oefening as ’n obsessiewe stokperdjie heg, eerder as ’n alledaagse gesondheidsgewoonte.

man in black shorts carrying adjustable barbells
Foto: Binyamin Mellish op Pexels.com

Daar is ’n paar dinge aan ’n gym wat nie heeltemal vir my sin maak nie. Ek het self ’n kontrak by die gym in Potchefstroom, en besoek darem ook so sporadies die een in Hartenbos wanneer ek by die huis is. Maar, soos wat ek vir byna almal wat my ontmoet duidelik maak, ek is meer van ’n kultuurmens ‒ hoewel ek hou van die buitelewe en aktief wees, was ek nog nooit ’n groot sportaanhanger nie. Fiks wees is belangrik as jy graag berge klim en riviere roei, dít verstaan ek. Maar stilstaande ystermasjiene? En daardie winkeltjies wat die 3kg potte spierboupoeiertjies verkoop? Dit klink vir my na onnodige uitgawes. Spierbou op sigself is in elk geval nie vir my ’n geldige stokperdjie nie. Hoe lyk daardie massas goed aan jou lyf die dag as hulle vol plooie is en jou knieë en gewrigte nie meer werk nie?

Ek sê maar net.

In elk geval, indien jy op dieselfde manier as ek gym ‒ net partykeer, en eintlik meer om jou kop skoon te kry as enige iets anders ‒ is daar ’n paar dinge wat ek al opgelet het wat dalk die ervaring vir jou meer aangenaam, en selfs genotvol, kan maak.

Die eerste en mees algemene wenk is oorfone. As jy jou eie musiek luister, is mense minder geneig om met jou te praat. En jy kan net heeltyd afkyk sonder om oogkontak te maak met die persoon op die masjien oorkant jou. Die grootste kwaal wat ek aanvanklik teen ’n gym gehad het, is dat daar ander mense is wat vir my kan kyk, so dis lekker om myself op hierdie manier ’n bietjie af te sny.

Teen hierdie tyd besef ek nou al dat die meeste mense in ’n gym ook maar net hulle eie gang gaan sonder om veel rond te kyk, maar die spiertiere in die spieëls by die gewigte het steeds ’n gerieflik uitsig oor almal in die gym, sonder dat hulle enigsins hoef om te draai. Hoewel hulle waarskynlik meer vir hulself kyk, om seker te maak dat hulle die gewigte “reg optel” of ’n “korrekte squat” doen. Of om vir hulself gesigte te trek, ek weet nie. Die oormaat spieëls is nog iets van die gym wat ek nie heeltemal verstaan nie.

So, oorfone help met die essensiële taak om potensiële kykers te ignoreer, en ook om absoluut gefokus op jou oefeninge voor te kom. Selfs al kyk jy ook eintlik skelmpies na mense.

adult back view boy earphones
Foto deur Burst op Pexels.com

Nog ’n pluspunt van oorfone: jou eie musiek is stukke beter as die gym se musiek. Ja, hulle speel dit juis om jou opgewonde en entoesiasties te kry, maar dit herinner my meer aan dronk Duitse tieners by ’n house-party. Net soms.

Tog moet jy steeds die regte tipe musiek hê om na te luister as jy gym. Daarom het ek, byvoorbeeld, ’n playlist op my iPod gemaak getiteld “Met die doel om effektief te gym”. Dit bevat snitte wat wissel tussen Rise Against, Ed Sheeran, Biffy Clyro, Green Day, Daughtry (die Daughtry wat hulle was voor 2012) en selfs Bryan Adams. Maar dit hang natuurlik af van persoonlike smaak. Kies die liedjies wat jóú motiveer ‒ of so erg irriteer dat jy harder en vinniger gym om dit verby te kry.

Die volgende groot ding wat die gym meer draaglik maak, is jou eie verbeelding. Wat keer jou om die wit stroomversnellings van die Oranjerivier voor jou te sien wanneer jy op die roeimasjien is? Of die eindstreep van die 20-minute Comrades waarmee jy besig is… Ek het al agtergekom dit help as jy jouself daaraan herinner dat Bear Grylls baie vinniger moes hardloop om oor die Engelse berge te kom vir sy Special Forces opleiding (ek het onlangs “Mud, Sweat & Tears” gelees, Grylls se outobiografie). Jy is ’n swakkeling, Rouxné, ’n SWAKKELING. Vinniger!

So gepraat van die treadmill. Hier raak jou eie musiek in jou ore veral belangrik. Want jy kan op die maat van spesifieke liedjies draf om vir jou ’n ritme aan te gee.

Dit maak dit nie eintlik makliker om te hardloop nie, maar jy kan jouself oortuig dit doen.

Ek is nie die wêreld se grootste drawwer nie, so my pas is nie noodwendig so stewig nie. Maar, ’n paar liedjies wat ek al agtergekom het baie lekker draf op sekere spoedvlakke is: “Danger Zone” van Top Gun (op hierdie een kan jy vir ekstra motivering jou ook verbeel dat jy Ray-Bans aanhet en ’n fighter pilot is), “Anything I wanna do” van Nickelback, “Holiday” van Green Day, “Feel Good Inc” van Gorillaz (vir ’n klein bietjie stadiger pas) en, vreemd genoeg, “Sultans of Swing” van Dire Straits.

This slideshow requires JavaScript.

Ek weet ek klink so effens van my kop af, veral as jy ’n goeie musiekkennis het en al daardie liedjies ken, maar probeer dit. Vertrou my.

Laastens: as jy fietsry, kan niemand die level sien waarop jy trap nie. Jy kan altyd lyk of jy baie vinnig trap, sonder om te swaar te kry. Probeer dit ook. Indien jy regtig nie een is wat tussen mense wil oefen nie, probeer die studio – daar waar die klasse gewoonlik is. Kies die stil tye, dan kan jy allerhande oefeninge Google wat jy op die matte of met daai groot rubberballe kan doen terwyl die ander gymmers binne by die masjiene is.

Oefening is moeite, al is dit soms nodig. Die endorfiene, ten minste, maak dit alles die moeite werd.

Dis alles wat ek het. Van ‘n amateur aan mede-amateurs. Ek vra weereens om verskoning vir al die veralgemenings en beledigings wat enige iemand moontlik uit die bostaande stuk ervaar het. En as jy oefen, onthou om dit lekker te maak!

athlete barbell bodybuilder bodybuilding
Foto deur Pixabay op Pexels.com
Advertisements

11 Comments Add yours

  1. 🙂
    Bear Grylls? Outobiografiee dik die pap outomaties aan.
    Soos die Choir Games kom Ed Sheeran Suid Afrika toe, maar dit weet jy seker en dat al die kaartjies reeds uitverkoop is…

    Like

    1. Ek stem eintlik saam oor die outobiografieë, die nodige skryfdrama is beslis daar! En ja, ongelukkig was ek ook nie gou genoeg vir ‘n kaartjie nie ;). Bly jy het die plasings geniet!

      Like

      1. En dankie I am returning the favour. Terloops jy het ongewone maar pragtige naam

        Liked by 1 person

  2. icphoto12 says:

    Great een ekt nou lekker gesit en giggel Roux!

    Liked by 1 person

    1. Dankie! Bly jy’t dit geniet🤗❤x

      Like

  3. Lekker gelag oor die skrywe, Rouxne! Dankie ook dajy my blog volg!

    Liked by 1 person

  4. travel460 says:

    Al het jy my laat lag, is ek nou weer in die skuldgevoel-put gedompel… Het maande laas by ons gym ingeloer!

    Liked by 1 person

  5. Kunstenaar says:

    Goeie skryfstuk. Soos jy MOS (lees met sarkasme) weet is ek ‘n gimnasium-maximum, en het dus hierdie plasing heel snaaks gevind. Hou so voort Roux!

    Liked by 1 person

  6. komrysaam says:

    Goed geskryf. Gym is nie vir my nie. Berge en vlaktes wel.

    Liked by 1 person

    1. Stem heeltemal saam met die berge en vlaktes deel 😉

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s