Seedigters

WhatsApp Image 2018-07-26 at 15.21.59Ek draf nie baie nie. Oor die algemeen verkies ek mos maar swem of stap, indien ek die dag besluit om aktief te wees. Maar wanneer ek draf, doen ek dit hier: langs die ATKV Wandelroete in my eie vakansiedorp-tuiste, Hartenbos.

Die roete is al daar vandat ek kan onthou. Dit was wel eers later in my lewe wat ek begin belangstel het in literatuur en agtergekom het watter digskatte in Afrikaans langs hierdie geplaveide paadjie lê.

My kennis van digters is, eintlik nou nog, nie so op standaard soos dit moet wees nie. Ek ken mense wat letterlik nóú vir jou ‘n A.D. Keet of ‘n Boerneef kan voordra, en nie net dié wat hulle gebruik het vir voordrag by Eisteddfods op skool nie.

Dis hoekom ek my voorgeneem het om ten minste die gedigte langs die Wandelroete te leer ken. Hulle gaan immers almal oor die see, en daar is soveel kere wat ek, so net voor sonsondergang, langs die paadjie gaan draf en ‘n gedig ontdek wat ek nog nie voorheen gelees het nie.

Goeie verskoning vir ‘n ruskans op een van die plastiekbankies.

WhatsApp Image 2018-07-26 at 15.21.55Al die gedigte was op ‘n stadium in marmer ingekerf, maar met tyd en soutsproei en baie oë se lees het die woorde verrinneweer. Ek het in die afgelope Junie-vakansie agtergekom hulle is besig, tesame met al die nuwe ontwikkelinge in Hartenbos, om die marmerplate met meer leesbare bordjies te vervang. Helfte van hulle lyk nou soos Ingrid se Begin Somer, hier langsaan. Die foto is nie baie leesbaar nie, so hier is die woorde (indien jy dit nie ken nie):

Begin somer en die see

‘n oogebreekte kweper

die lug soos ‘n kind

se ballon

ver bo die water

Onder die sambrele

soos gestreepte lekkergoed

miere van mense

en die gul lag van die baai

het goue tande

 

Kind met die geel emmertjie

en die vergete vlegsel

jou mond is sekerlik ‘n klokkie

kleintongetjie klepeltjie

Jy bespeel die son daglank

soos ‘n ukelele

Dit is seker goed dat hulle nou op ‘n beter manier behoue kan bly, maar ek het groot geword met daardie gekerfde klipplate. So dit maak my steeds ‘n bietjie hartseer.

WhatsApp Image 2018-07-26 at 15.22.03WhatsApp Image 2018-07-26 at 15.22.01 (1)Daar is mense van alle soorte en ouderdomme wat al op hierdie paadjie gestap het. Veral oor vakansies… Dan is dit absolute chaos om verby almal te draf, met ‘n gereelde “Ekskuus” en teen die houtpale verbyskuur. Maar ook in die stiller tye deur die jaar is daar altyd, altyd stappers en drawwers op die wandelroete. Dis waar ek my vriendinne van skool weer raakloop, of die tannie wat saam met my pa by Supa Quick werk, of my ou onderwysers by die laerskool.

Dis veral wanneer ek verby die ouer mense draf, met hul warm baadjies en sonbrille en grys hare, wat ek wonder: vir hoeveel jare stap hulle al langs hierdie paadjie? Waaraan dink hulle as hulle stap? En het hulle al die gedigte gelees?

Wanneer ek uiteindelik klaar is met hierdie reis op die ATKV Wandelroete, dan is dit net-net nog nie donker. Nog tyd vir een gedig voordat ek huis toe draf. Theo Wassenaar se See-Sonnet, so mooi soos ‘n Shakespeare en suiwer Afrikaans:

O magtige oseaan, jy wydgestrekte,            

Omsirkel deur die ongemetenheid,               

Diep in jou boesem rus die onontdekte;       

Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd.

O nooitvermoeide see wat immer-woelend,

Getye reël na gange van die maan.

 

En op die storm se stem onstuimig spoelend,

Jou branders op die rotse stukkend slaan!

O ewige deining van die Grote en Magtige!

So dein die breed sterk stroom van volle lewe

In my klein hart. Ek nietigste kristal,

Ek mag ook speel met glans van die ewig-pragtige.

Die skepping het ook my sy doel gegewe:

Een polsslag in die ritme van die Heelal!

 

Advertisements

4 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Wat ń pragtige skrywe, Rouxne!🌹🌹🌹

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie! Ek is bly jy het dit geniet!

      Like

  2. Lorette Grobbelaar says:

    Pragtig….aangesien ek een van die stappers is op hierdie wandelroete vir die afgelope 25jaar kan ek my so vereenselfwig met jou skrywe.

    Liked by 1 person

  3. natuurfreak says:

    Hartelijk dank om mijn blog te volgen en wat een prachtige gedichten langs de waterkant

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s