Vignette: The Choo Choo Junction

Een van die lekker praktiese opdragte was ons as Honneursstudente in joernalistiek gekry het:

Vignette: A brief evocative description, account, or episode. ‘a classic vignette of embassy life’

Oxford Dictionaries

Dink daaraan as ‘n “slice-of-life” gedeelte, ‘n beskrywing van iets – plek, mens, situasie – wat ‘n indruk laat.

Ek het onlangs die geleentheid gehad om in die middel van die week ‘n aand in Linden, Johannesburg, oor te bly, waar ek The Choo Choo Junction ontdek het. ‘n Restaurant met ‘n ongewone atmosfeer.


20180801_192615

Die Choo Choo Junction het ’n treintema. Die kelners dra elkeen ’n bolhoed waaraan vere, ou sakhorlosies en staalratte vasgewerk is, en ’n netjiese swart onderbaadjie soos dié uit die ou-Engelse era. Die een muur is ‘n reuse, vergeelde wêreldkaart, en op omtrent dertien of vyftien plekke is ’n wynbotteldoppie vasgesteek.

20180801_194633Die vrou by die tafel langs my het helder rooi hare wat saamgevat is in ’n kort, deurmekaar vlegsel. Sy dra ’n netjiese grys baadjie met ’n ligter grys serp, en ’n groot modieuse bril – ‘n skrywer, of ‘n kunstenaar? Sy lispel wanneer sy praat met die vrou oorkant haar. Die Spaanse liedjie “Americano” speel iewers oor ’n luidspreker. Daar is ’n man in ’n rolstoel by die lae tafel naby die ingang, sy metgesel op die rooi leunstoel oorkant hom. Teen die swart muur agter haar staan die wynlys in geel, blou en groen bordkryt geskryf. Langs elke naam staan die bottel wyn op ’n klein houtrakkie.

Die muur oorkant die wêreldkaart skei die groter vertrek van die rokersarea. Dis ’n diep rooi geverf. Plastiek ivy-blare krul om die deuropening en die vensters, en die rokers op die hoë stoele gee nou en dan ‘n trek aan die sigarette tussen hul vingers. Dieselfde blare hang saam met oop gloeilampe bokant die houttoonbank met die tellermasjien en krisant-en-lelie-ruiker. Op die bokant van die yskas agter die kroeg staan “All aboard… Choo choo!”, in plaas van die gewone alkohol- of Coca Cola-advertensie.

Dis ‘n treinstasie, maar in ‘n Johannesburgse woonbuurt. Ek dink dis hier waar die belangrikes en bekendes uithang, vir ‘n stukkie ongewoonheid op ‘n gewone Woensdagaand.

Advertisements

4 Comments Add yours

  1. perdebytjie says:

    Dit lyk na ‘n baie interessante plek. Was die kos darem ook lekker?

    Liked by 1 person

    1. Ook beslis die moeite werd! 😉

      Liked by 1 person

  2. woordnoot says:

    Oe…dit lyk na my soort plek!!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s