My joernalistieke reis: 2018 in ‘n neutedop

Om ‘n joernalis te wees, behels meer as net stories vertel. Selfs ná drie jaar se inleiding tot hierdie veld, het ek dit opnuut besef aan die begin van die jaar. Ek het met blink oë en groot planne met my honneursjaar weggespring, en die jaar was vol onvergeetlike ervarings en waardevolle lesse.

Op die pad
Op die pad: ‘n Goeie voorbeeld van praktiese joernalistieke vaardighede – om vinnig en effektief in enige omstandighede te kan werk. Foto: Bianca Thatyana.

Joernalistiek is een van daardie rigtings wat deur passie gedryf word, ‘n wil om te weet en om die waarheid te deel, ‘n kuns en ‘n kreatiewe vaardigheid met woorde en sinne. Maar dis ook prakties: jy moet logies kan dink, jou woorde ekonomies kan gebruik, baie dinge op een slag kan doen en ook nog goeie menseverhoudinge kan kweek.

Dis baie om in net tien maande te bemeester.

Kom ons begin by Januarie.

Die eerste en grootste aspek van hierdie jaar was die navorsing – die gevreesde mini-skripsie. Dit sou soveel anders uitgedraai het as ek my oorspronklik idee daaroor uitgevoer het. My gedagtes was oral op een slag, ek wou elke greintjie navorsing doen wat ek kon oor my onderwerp… maar gelukkig het my studieleiers my gekeer.

Ek het die nuusgewoontes van Generasie Z-studente aan die NWU se Skool vir Kommunikasiestudies ondersoek, spesifiek die mate waartoe hulle satiriese fopnuusprogramme bo tradisionele nuusbronne verkies. Aan die begin van die jaar kon ek dit nie eers in so ‘n mooi, bondige sin saamvat nie. Nou is dit gefokus, samehangend, en sal dalk iets kan beteken vir die joernalistieke veld. Eendag.

In alle eerlikheid was die navorsingsaspek van my honneursjaar nie werklik waar die grootste deel van my hart gelê het nie, hoewel dit natuurlik vir my ongelooflike goeie insig oor die onderwerp gegee het. Wat egter die jaar vir my lekker gemaak het, is alles wat ek nou, aan die einde daarvan, het om te wys: praktiese joernalistieke vaardighede in nuusverslaggewing, sosiale mediabestuur, onderhoudvoering, klank- en videoredigering, multimedia en uitlegontwerp, blogs en aanlynjoernalistiek… Ek het elkeen van hierdie op my spreekwoordelike kerfstok te wys, genoeg om ‘n hele portefeulje te kon saamstel. Ons was slegs vier in die honneursklas hierdie jaar, en met elke nuwe projek het ons ook die waarde en belangrikheid van groepwerk geleer.

Pizza-projek
Pizza-projek: Een van die lekker multimediaprojekte wat ons hierdie jaar gedoen het, was ‘n pizzaresensieprojek met die naam “Pizza Pizzazz.” Ek was die videograaf (regs), en Annelu le Roux (heel links) en Ayanda Mthethwa (middel links) het Roman’s se pepperoni pizza geresenseer. Foto: Bianca Thatyana.

My grootste belangstelling lê in reisjoernalistiek en feature skryfwerk. Dit het ons in die laaste semester gedoen, so dis sommer nog vars in my geheue. Ek het fassinerende stories nagevolg en fassinerende mense ontmoet, en ek kan nie wag vir my toekoms as joernalis ná hierdie oefenlopie nie.

Dit was lekker om te sien hoe die verskillende tipes joernalistiek oorvleuel en mekaar komplimenteer. My finale podcast vir radiojoernalistiek handel oor die week wat ek as deel van die Byderhandspan na Worcester gereis het vir ‘n literatuurprojek by die Pionierskool vir Siggestremdes. Hierdie projek was ook die onderwerp van een van my feature artikel-opdragte.

Dit was ‘n groot les wat die joernalistieke honneursjaar my geleer het: dis makliker en lekkerder om te skryf oor iets wat jou na aan die hart lê.

En uiteindelik is dit die belangrikste ding wat ons geleer het: hoe om ‘n nuussin te ontwikkel en ‘n aktivis in jou gemeenskap te wees. ‘n Aktivis met woorde.

Joernalistiek gaan inderdaad oor meer as net stories vertel. Maar bo en behalwe alles, is joernaliste storievertellers. Die kuns lê daarin om dit op die beste manier moontlik te vertel.

Die span
Die span: Die vier honneurstudente saam met een van ons dosente in Lover’s Lane op die NWU Potchefstroomkampus. Van links na regs: Annelu le Roux, Rouxne van der Westhuizen, Me. Cornia Pretorius, Bianca Thatyana en Ayanda Mthethwa. Foto: Thalyta Swanepoel.

 

Advertisements

One Comment Add yours

  1. perdebytjie says:

    Ek wens ek was jonger, dan sou ek ook so ‘n kursus wou volg. Geniet elke oomblik!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s