Snip-snip

Die haarkapster se oë het gerek toe sy hoor wat ek wil doen.

Van kleins af was ek mal oor lang hare. Ek het selfs in die aande gebid daarvoor, ná die een keer wat my ma my hare laat sny het. Elke oggend het ek opgestaan en haar gevra of my hare al langer is, en elke keer het sy – soos ’n goeie ma – gesê dit is.

Dit het regdeur die laerskool so gegaan. Op hoërskool wou ek ook nooit te veel afsny nie. “Net die punte, asseblief,” elke keer, sodat die ‘split ends’ darem nie buite beheer raak nie. Dit het vir my amper te kort gelyk die paar kere wat ek dit in lae laat sny het, en van daar af net weer die punte, net die punte.

Op universiteit het dit gevoel my haargroei staan bietjie stil. Seker maar die stres van akademie. Of die anderste klimaat – Potch is maar droog teenoor Mosselbaai se seelug. Maar iewers tussen my derde en vierde jaar het hulle weer wakker geskrik. My hare was nog nooit so lank soos wat hulle vroeg Desember 2018 in die haarkapster se stoel voor die was spieël nie.

Die einste haarkapster wat ek nog altyd gevra het om “net die punte” af te sny.

Ek het klaar die riglyne voor die tyd ge-Google, reeds met ’n liniaal gemeet of dit langer as vyf-en-twintig sentimeter was. Die haarkapster het geweet wat om te doen, en die rekkie net bokant my skouerlyn vasgemaak. My hare was so dik, sy moes omtrent ’n minuut lank sny om deur die poniestert te kom.

Af. Net so.

Daar was ’n meisie wat ook in Potch geswot het. Sy was een-en-twintig, onregverdig jonk. Ek het haar nie baie goed geken nie, meestal deur komitees en so. Die laaste keer wat ek haar gesien het, was by ’n gradeplegtigheid. Sy was baie maer, bleker as gewoonlik, maar sy het geglimlag. Haar hare was korterig, stylvol, ’n ander blond as wat ek haar laas gesien het. Ek is eintlik nou nog nie seker of dit ’n pruik was of nie.

Ek was geseënd genoeg om my studentejare klaar te maak, agter te laat, met die werkslewe wat voor my lê. Ek wil nie die cliché wees en sê dit was as gevolg van my “nuwe lewensfase” nie, maar dit het eintlik ’n bietjie daarmee te doen. In terme van jare was dit beslis hoogtyd, veral as jy iemand vra wat letterlik elke maand ’n ander styl en kleur het.

So goed soos ’n vakansie, sê die spreekwoord.

Nog ’n rede daaragter, het ek gedink terwyl ek in die spieël kyk hoe die haarkapster die orige hare langs my kop liggies trim, is eintlik ook maar eenvoudig: Hoekom nie?

Ek het die volgende week my poniestert in ’n ziploc-sakkie by die CANSA-sentrum in George gaan aflaai.

 

 

Advertisements

7 Comments Add yours

  1. Dis ‘n pragtige gebaar en jou hare lyk steeds pragtig!

    Liked by 1 person

  2. Sjoe, so aangrypend vertel!

    Liked by 1 person

  3. Toortsie sê:

    Pragtig. Maar die heel mooiste is die pragtige hart daaragter wat bereid us om haar waardevolle skat te deel met ander.

    Liked by 1 person

  4. anmarifouche sê:

    Pragtig geskryf! Ek was nog altyd mal oor jou lang hare – maar jy lyk amazing met die kort hare. Meer volwasse – perfek vir hierdie nuwe lewensfase (doelbewus of toe nie).

    Liked by 1 person

    1. Vreemd genoeg, dis nogal iets wat baie mense vir my sê: volwasse. Kom ons sê sommer dit was doelbewus ;). Dankie Ami!

      Liked by 1 person

  5. Lieflik, my hare was ook lank tot so maand terug, nie onbehoorlik lank nie maar beslis langer as die gemddelde vrou van my ouderdom – die laaste jaar of wat kyk ek baie na ouer vrouens met langhare – hoe meer ek na hulle kyk hoe meer lyk dit asof al wat hulle kort is, ‘n besemstok is, want die langhare lyk rerig hekserig – en pas rerig nie by ouer vrouens nie. My eie hare is nou skouerlengte en dit gaan nog korter met my volgende salon besoek. En nie net vir dit nie, langhare en menopause is ‘n “horrible” kombinasie – daar is geen vreugde daaraan om permanent warm te kry of nat te wees nie.
    Maar laastens, jou korter hare lyk pragtig, nes jou langhare – maar die korter styl lyk verseker baie meer hip en minder prinsesserig 😉

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Tannie Frannie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s