Crazy Store foto-album

Vier jaar. 162 foto’s. Een rooi, redelike goedkoop album.

Dit, blykbaar, is hoe post-studentwees nostalgie lyk.

Ek kon nog nooit verstaan hoekom meisies elke jaar nog steeds hulle hele koshuismuur vol foto’s plak nie. Maar ek was een van hulle. En nou sit ek met ‘n klomp foto’s waarvoor ek nie meer plek het in my nuwe, ek-probeer-nou-grootmens-wees kamerdekor nie.

Die hoop foto’s wat ek eers vir ‘n ruk lank in ‘n boks laat lê het, het net te hartseer gelyk toe ek hulle ná maande weer uitgehaal het. Ek het omtrent 15 van my gunstelinge uitgekies vir my spieël en kamermuur, maar dit het nie regtig die hopie verklein nie.

Noodgedwonge moes ek toe ‘n album gaan opspoor by ons plaaslike Crazy Store, een wat genoeg glysakkies vir al die foto’s het.Album deurblaai

Toe begin ek dink. Wie koop ooit meer foto-albums? Met deesdae se hardeskywe en Facebook en Google Drive en memory cards… Hoekom sou ons ons herinneringe harde kopie uitdruk? Dis soveel makliker om net ‘n paar knoppies te druk, en jou foto’s is vir ewig iewers in die onsigbare kuber-wolk. Baie prakties – ek het self ‘n aktiewe Google Drive.

Maar as ek dink aan my en my broer se baba-albums wat nog bo in my ma se kas lê, en die vreugde (en verleentheid) wat dit altyd verskaf as ons vir iemand nuuts in die huis ons kinderdae wil wys… Dis nogals een van daai tasbare sentimentele dinge wat verlore gegaan het in ons digitaalgedrewe wêreld.

Ek hou van die idee van ‘n foto-album, die idee dat my vier jaar op universiteit in een rooi omslag vasgevang is. Altans, grepe daarvan. Koshuis-aksies, Sêr-kompetisies, koffie-dates, dinees, staptoere, koortoere, vakansies… Alles lekker om weer na terug te kyk.

Selfs al is daar digitale weergawes op Facebook en Google Drive.

Foto-album 1


Koop jy nog foto-albums? Of verkies jy om jou foto’s aanlyn te stoor? Los gerus jou kommentaar hieronder.

Advertisements

2 Comments Add yours

  1. travel460 sê:

    Ek stoor my fotos deesdae aanlyn, maar tog verkies ek dit om ñ foto vas te hou en in ñ album te bêre.

    Liked by 1 person

  2. lief, lief, lief ek hou ook van die “Real McCoy”

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s