So, wat presies doen ek vir ’n lewe?
Soos die lesers van my vorige plasings seker nou al agter gekom het, hierdie is wat ’n mens noem ’n “persoonlike blog” gebaseer op my eie ervaringe en gedagtes. So, meestal net opstelle en kort geskrewe weergawes van my ervarings. Maar my biografie sê dan ek skryf as ’n werk – waar’s die res daarvan, Rouxné?
Ontspan. Ek het nou net klaar geswot.
Ek het in ‘n vorige plasing genoem dat ek my droomwerk losgeslaan het. Dis ’n byna ongelooflike storie, aangesien hierdie werk sommer in my amper-te-klein-tuisdorp, Mosselbaai, opgeduik het. ‘n Dosent het vir my ’n skakel na ’n mediamaatskappy gestuur, en ek het ’n kans gevat: ek het my CV en ’n motiveringsbrief aan die mense gestuur. Ek het gehoop, maar nie eintlik verwag hulle sou terug antwoord nie – maar ja, hier is ons nou. Meer as twee maande in my nuwe loopbaan in.
Ek het letterlik, volgens kontrak, omtrent vyf posbeskrywings. Maar in essensie is ek tans ’n joernalis, ’n werwer en ’n kursusinstrukteur in reis- en omgewingsjoernalistiek by Africa Media. Dis die tipe werk waarvan ek as jong hoërskoolleerder gedroom het, iets wat al my belangstellings in een beroep kombineer.
Hoekom vertel ek nou al hierdie vir jou? Want dit beïnvloed my toekoms as blogger, as ‘n joernalis in die veld van reis en omgewingskwessies.
Daarom het ek ‘n nuwe blog geskep, ‘n reisblog met ‘n kreatiewe inslag – ‘n Engelse blog. ‘n “Journal for the creative traveller” met stories oor Suid-Afrikaanse en internasionale avonture, kunsstories, inspirasie en ‘n paar kunswenke.
Vir dié wat Kluisenaarsklaviere tot dusver ondersteun het, het ek ‘n guns om te vra: ondersteun my nuwe waagstuk, die volgende stap in my identiteit as skrywer, en volg Leatherbound.blog soos wat jy hierdie blog van my gevolg het. Kliek op die skakel hier onder, ‘scroll’ af op die skerm tot onder regs (maar jy kan eers ‘n bietjie rondloer en die blog verken, as jy wil – daar’s al ‘n paar dinge om te lees), en tik in jou e-posadres. Aan my mede-WordPress bloggers, kliek net “Follow” op dieselfde plek.
As dankiesê hiervoor, sal ek steeds so nou en dan ‘n Afrikaanse plasing op Kluisenaarsklaviere maak. Daar is immers sommige dinge wat net in jou moedertaal vertel kan word, en in die wêreld van skrywers is daar altyd iets om te vertel.
(Terloops – sien dit as ‘n verjaarsdaggeskenk. Ek is 23 vandag, nie veel gebeur op 23 nie. Maar dit sal my uiters gelukkig maak om ‘n e-pos ‘notification’ van jou inskrywing op Leatherbound te kry. Ek sê maar net.)
Dankie aan jou, die leser, wat dit tot dusver ‘n plesier maak om my stories te deel. Ek nooi jou om die res van my reis ook saam met my mee te maak. Sien gou weer!
(Foto’s: Pexels.com)
Baie geluk met jou verjaarsdag! 23 is inderdaad een van daai weird tussen-in verjaarsdae. Ek het darem nog net 29 dae van 23-wees oor.
Elk geval. Ek is nou dadelik op pad na jou nuwe blog toe.
LikeLiked by 1 person
Dankie Ami! Ek’s bly jy stem saam oor 23 – geniet jou oorblywende dae van 22 terwyl jy kan ;). En dankie vir die volg!
LikeLiked by 1 person
Het gaan loer op jou nuwe blog en follow gekliek. Terloops, geluk met jou verjaarsdag. Ek hoop jy word vandag lekker bederf!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die (nuwe) volg, en ook vir die mooi wense – waardeer dit!
LikeLiked by 1 person
Ek sien uit na jou stories!
LikeLiked by 1 person
Allesbeste met die drome en jou verjaardag. Sal jou beslis volg. Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLike
Done and dusted!!
LikeLiked by 1 person