Oor die skrywer

AboutMy naam is Rouxné van der Westhuizen. Ek is ‘n Honneurstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, en ‘n voornemende joernalis.

Mense vra my altyd hoekom ek so ver gaan swot het. Die antwoord: want ek wou. En Hartenbos raak nou elke keer vir my mooier as ek huis toe gaan.

Ek hou van die see, reis, goeie musiek, kaneel, mense met ‘n sin vir humor en dinge wat saak maak. Dit is, na my mening, belangrik om te dínk – al is dit oor die kleiner goed in die lewe.

My vrye tyd word opgeneem deur lees, skryf, teken en verf, sinvolle gesprekke en onverwagse avonture. Ek glo in al die Internet-artikels oor lag-terapie – kies vreugde, elke dag. Dis lekkerder.

Die goed waaroor ek skryf is alles goed wat ek graag met mense wil deel. Baie daarvan is aktueel en nuuswaardig, party is meer persoonlik. Die meeste gaan oor dinge, plekke en mense wat ek ervaar het.

Ja, dit is my eie hande op die hooffoto – en ek kan werkende klaviere ook speel.

Advertisements