Worcester

Maak nie saak in watter straat jy is nie, die berge lê altyd iewers voor jou in die verte. Beeldskoon, rustig, net soos Worcester. Die mense hier is nie gejaagd nie. Daar is altyd nog ‘n bietjie tyd vir groet, geselsies aanknoop, mekaar help. Ek was bevoorreg om vir ‘n paar dae hierdie gemeenskap vol…

Seedigters

Ek draf nie baie nie. Oor die algemeen verkies ek mos maar swem of stap, indien ek die dag besluit om aktief te wees. Maar wanneer ek draf, doen ek dit hier: langs die ATKV Wandelroete in my eie vakansiedorp-tuiste, Hartenbos. Die roete is al daar vandat ek kan onthou. Dit was wel eers later…

Van die ander kant

Hierdie is ‘n persoonlike een, en ek kry nie ‘n foto wat die gevoel vasvang nie. Hou egter uit, my volgende blog-plasing gaan ‘n wonderlike kombinasie van see-uitsigte en mooi Afrikaanse digkuns bevat. Belowe. – Ek het aan ‘n netjies gedekte tafel gesit, mooi aangetrek, by ‘n borgebedankingsfunksie wat ek vir eens in my universiteitsloopbaan…

Erfenis van lig en groen

Ek het die voorreg gehad om hierdie plasing as gas-blog vir die webtuiste van die Potchefstroom Eikelaan-projek te skryf. Gaan besoek dit gerus, vir inligting oor die eikelaning en hoekom dit bewaar moet word. ___ My gunsteling tyd van die dag is wanneer die son sak. Nie “’n sonsak” nie, dis heeltemal te cliché. Amper-skemer,…

Gym toe. Lekker?

Die volgende plasing kan óf as humoristies opgeneem word, óf as uiters beledigend. Dit hang grootliks af van hoe aktief jy by jou plaaslike gym is en hoeveel waarde jy aan oefening as ’n obsessiewe stokperdjie heg, eerder as ’n alledaagse gesondheidsgewoonte. Daar is ’n paar dinge aan ’n gym wat nie heeltemal vir my…

Rugby oor die radio

Dit was Saterdag, amper skemer, op 16 Junie. Jeugdag. Omtrent die hele familie was vir Vadersdag-naweek by Ouma en Oupa se huis in Ladismith (die Klein Karoo een, nie Ladysmith in Natal nie). Die Springbokke sou om 17:00 teen Engeland afskop, en ons was om 16:45 nog buite, besig om Dorito’s met avokado-dip te eet…

Koshuis

Dit het so ‘n rukkie terug begin reën, maar dit het klaar weer opgehou. Wispelturige Potchefstroom-weer. Ek het ‘n uur en ‘n half oor voor ek weer klas toe moet gaan, so ek het besluit om ‘n Voorhuis-middagete te gaan kry en ‘n bietjie in my kamer te kom sit. My klein, boksie-koshuiskamer, skaars groot…

Tuis

Dit moes ’n baie lekker vakansie gewees het, want daar is baie huilende ouers by die busstop. Nie een van hulle is lus om hul studentekind af te sien langs die Greyhound-bus nie, maar hulle sal moet – hy vertrek oor sewe minute. Ek staan ook in die ry, kussing en bagasiekaartjies in die een…

My ‘Happy Song’

Almal het daardie een liedjie. Elke keer as hy speel, maak nie saak in watter bui jy is, of wat als met jou daardie dag gebeur het nie… hy laat jou hart ligter en gelukkig voel. Dit kan dalk die ritme wees, die wysie, die storie, of dalk net Billy Joel se stem, in my…

Goeiemôre

Ek het myself nog nooit as ’n oggendmens beskou nie. Ek wou al baie kere een gewees het, om die waarheid te sê. Die enkele oggende wat ek vir die een of ander verpligting vroeg móés opstaan, het ek elke keer die koel, jong môre rondom my bekyk en gedink, “Miskien moet ek elke oggend…