Knysna

Hierdie is nie een van my gewone tipe plasings nie, maar daar is te veel dinge wat op my hart druk vir my om nié iets daaroor te sê nie. Ek het nooit gedink die dag sou kom dat dit my soveel ongeloof en pyn sou veroorsaak om die Weg!-tydskrif te lees nie. Maar dit…

Sondag

Vandag was dit Sondag. Vandag het ek eers om 16:50 uit my pajamas geklim, alhoewel ek 10:00 al opgestaan het, en dit was slegs om ’n pizza saam met ’n vriendin te gaan koop. Ek het vandag gedink aan al die werk wat vir die week voorgelê het, en ek het oorweeg om ten minste…

Nuwejaarsvoornemens en ander lagwekkende dinge

Ek wil begin deur te sê dat ek hierdie stuk op 31 Desember 2016 begin tik het, met die goeie voorneme om darem voor die einde van die jaar weer iets op hierdie redelik dormante blog van my te skryf. Ongelukkig het die vissersdorpie, Witsand, waarin ek en my familie vakansie hou, slegs een ligging…

Die kuns van derde wiel speel

Ja, jy het reg gelees: dit ís ’n kuns. En, om die waarheid te sê, ’n heel belonende een – as jy dit reg doen. Ek, persoonlik, is een van daardie mense wat dit heeltemal té goed doen. Ek het myself al semi-amptelik verklaar as deel van my beste vriendin se verhouding met haar kêrel….

Ken jy die see?

Kom ons wees eerlik: die see is nou maar net een van daardie dinge waarvan almal hou. Selfs al hou jy nie van taai sout in jou hare of grillerige sand tussen jou tone nie – niemand het nog ooit gefrons vir ’n sonsondergang oor die see, of hul oë gerol terwyl hulle van hul…

Die verskriklike ding rakende klavier

Aangesien die naam van hierdie blog ‘Kluisenaarslaviere’ is, sal dit seker gepas wees om ‘n paar woorde oor klavier te sê. Dit is, om die waarheid te sê, iets wat my baie na aan die hart lê. Dit is immers ’n verskriklike ding as jy besef jy het verleer om klavier te speel. Dit is…

Eybers se busrit

Ek is mal oor ’n bus. Behalwe vir die feit dat ek omtrent sestien ure lank op een moet sit om van Potchefstroom af huis toe te ry, voel elke rit soos een groot avontuur, elke keer saam met nuwe mense. En my sesde rit vir die jaar lê nou voor. Ek onthou ’n gedig…

“All is fair…”

“Oh war! war! the dream of patriots and heroes! A fraud, Bluntchsli. A hollow sham, like love.” Hierdie effens somber aanhaling kom uit my Engelse voorgeskrewe drama, Arms and the Man, deur Bernard Shaw. Dit is eintlik ironies, aangesien die drama ‘n komedie is – maar dit wys nou maar net hoe vinnig daar dieper,…

Ter inleiding

Die cliché eerste blog post begin met gewoonlik met iets soos, “Hallo julle, ek het besluit om ‘n blog te begin, want ek hou van skryf, blah-di-blah…” Hoewel ek in hierdie geval eintlik in dieselfde posisie verkeer, was ek nog nooit regtig een vir clichés nie. Volpunte vir die een wat hierdie lees en dink,…