Van Parys, met liefde

“Welcome to the Free State” is die eerste ding wat jy sien. Ons het seker die omgekeerde bordjie gemis wat die Noord-Wes-provinsie aankondig. Parys is nie mooi in die winter nie, maar die Vaalrivier is. Anders as sy naam, is die rivier altyd aanskoulik in enige seisoen. Dis lekker om te sien wanneer jy oor…

Seedigters

Ek draf nie baie nie. Oor die algemeen verkies ek mos maar swem of stap, indien ek die dag besluit om aktief te wees. Maar wanneer ek draf, doen ek dit hier: langs die ATKV Wandelroete in my eie vakansiedorp-tuiste, Hartenbos. Die roete is al daar vandat ek kan onthou. Dit was wel eers later…

Shoe-shiners en vliegtuie

Ek het al voorheen gevlieg, so dis nie asof ek  nie gewoond is hieraan nie. Maar ek moet erken, dis die eerste keer dat ek nie vir iemand hoef te waai van die boarding gate af nie. So, op ’n manier, is ek eintlik nog maar ’n rookie as dit kom by vliegtuie en lughawens….

Mahikeng se storie

Daar is altyd mis wat in die oggend op die platteland lê. ’n Sagte, soliede wit. Soos ’n wolkombers, net baie, baie kouer. Dis seker die asems van die vaal gras wat onder hom lê, en die bome wat plek-plek bo die wit uitsteek. Ek neem met ons geleende kamera foto’s van die landskap. Dis…

Plek van Geregtigheid: ‘n Opinie

Ek was laas week in die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Nie op enige aanklag nie ‒ darem. Ek was daar as ‘n toeskouer, ‘n aktiewe burger van my land. En as ondersteuning vir my vriendin se ma, ‘n staatsaanklaer, wat vir die eerste keer ‘n saak daar hanteer het. Dit was die ideale geleentheid. Ek,…

Ha… Ha… Hartbees-poortdam!

“Dis ‘n lekker dam, waar die vissies die hele dag byt.” Wicus van der Merwe het kliphard in die klein, rooi Vrystaat-karretjie gespeel waarin ek en ‘n groep vriende by Hartbeespoort in gery het. Ek was nog nooit daar nie. Ek het ook nie geweet dis waarheen ons gaan nie – my vriende het my…

Oor Kliptrappe en Kristal

Daar is ’n meer in Slowenië waar jy, tot vier meter diep, die klippies op die bodem kan sien. Die dorpie Bled het ’n horison-uitkyk op ’n stukkie van die Alpe. Die Bled-meer is veral ’n pragtige natuurverskynsel, geleë tussen ’n handvol bergkoppe. ’n Ou klipkasteel, eie aan Europa, pryk hoog bo die meer op…

‘n Straat-sokkie in Duitsland

Neuses, Freigericht, is ’n doodgewone Duitse dorpie. Waar die inwoners nog brood by die bakkery gaan koop en die kerktoring in die middel van die dorp uitstaan. Dit was een van my gunsteling plekke van ons hele koortoer, omdat dit so anders was: ’n plattelandse dorpie weg van die meeste kommersiële toerismebedrywighede. My eerste ervaring…

Varke, Vriende en Verskriklike Mis

  Die Amatola-staproete by Hogsback, Oos-Kaap, is ’n 10-uit-10. Dit verwys, let wel, na hoe moeilik dit is. Met ander woorde, dis die moeilikste moeilik wat ’n staproete kan wees. Dit is nou volgens die een of ander webtuiste wat een van die lede van ons stapgeselskap gegoogle het, so ek weet nie hoe akkuraat…

My Eerste Wafel

Ek vra nou al om verskoning. Die titel is ’n bietjie misleidend. Ek het al wafels geëet. Baie van hulle: die Wimpy s’n, die tuisgemaaktes wat my pa soms in so ’n wafel-toaster-masjien ding op Sondae gemaak het (ek dink nie ons het hom eers meer nie), en by ander restaurante in verskeie dele van…