‘n Straat-sokkie in Duitsland

Neuses, Freigericht, is ’n doodgewone Duitse dorpie. Waar die inwoners nog brood by die bakkery gaan koop en die kerktoring in die middel van die dorp uitstaan. Dit was een van my gunsteling plekke van ons hele koortoer, omdat dit so anders was: ’n plattelandse dorpie weg van die meeste kommersiële toerismebedrywighede. My eerste ervaring…

Varke, Vriende en Verskriklike Mis

  Die Amatola-staproete by Hogsback, Oos-Kaap, is ’n 10-uit-10. Dit verwys, let wel, na hoe moeilik dit is. Met ander woorde, dis die moeilikste moeilik wat ’n staproete kan wees. Dit is nou volgens die een of ander webtuiste wat een van die lede van ons stapgeselskap gegoogle het, so ek weet nie hoe akkuraat…

My Eerste Wafel

Ek vra nou al om verskoning. Die titel is ’n bietjie misleidend. Ek het al wafels geëet. Baie van hulle: die Wimpy s’n, die tuisgemaaktes wat my pa soms in so ’n wafel-toaster-masjien ding op Sondae gemaak het (ek dink nie ons het hom eers meer nie), en by ander restaurante in verskeie dele van…

Oh Shenando’, I long to see you… in Croatia

Daar is enkele kere in my lewe wat ek al ondraaglik warm gekry het. En dit klink altyd dramaties as iemand praat van ‘die warmste wat hulle nog ooit gekry het’… Dis byna altyd ’n oordrywing. Maar ek kan in alle eerlikheid sê waar ék, tot dusver in my amper-22 jare-lange lewe, dié warmste gekry…

Die Kana-taliaanse ‘Onse Vader’

Ná ’n Europese toer vol ontelbare ervaringe, onthou ’n mens dikwels enkele, spesifieke oomblikke. Herinneringe wat afsonderlik soos ’n storie in jou geheue afspeel, elke keer as die kleinste iets jou aan daardie oomblik herinner. Een van hierdie oomblikke wat ek vir ewig in my hart sal dra, het naby aan die einde van ons…

My Klein Sloweniese Draak

Die mense van Slowenië praat hulle eie taal. Slowenies, Sloweens. Dit klink soos ’n mengsel tussen Russies en Duits ‒ nie baie sag op die oor nie. Maar die aksent is nogal mooi as hulle Engels praat daarmee. Tydens die koortoer het ons in Ljubljana, die Sloweniese hoofstad, in ’n jeug-hostel gebly. ’n Interessante ervaring…

Inleiding tot ‘n Post-reis Memoir

Ek maak geen geheim daarvan dat ek ’n diepgewortelde begeerte het om die wêreld te sien nie. Ja, daardie bekende, oë-rol-algemene droom waaroor seker een uit elke… Wel, elke mens op Aarde beskik. Om nuwe mense te ontmoet, nuwe plekke te sien, al daardie ‘glamorous’ dinge waarvan gesoute reisigers praat na hulle nuutste sielsoekende avontuur……

Die Storie van 215,5 Windpompe

Daar is 215 (en ’n halwe) windpompe tussen Colesberg en Beaufort-Wes. Hoe weet ek dit? Ek het hulle getel. Dis reg, ja. Maar dit is ook nie al wat op die pad gebeur het nie… Hier volg een ongelooflike storie van die Ultimate Roadtrip-vertelling, met kleur en geur aangepas deur: bestuurder Arno Hollander en sy…