Plek van Geregtigheid: ‘n Opinie

Ek was laas week in die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Nie op enige aanklag nie ‒ darem. Ek was daar as ‘n toeskouer, ‘n aktiewe burger van my land. En as ondersteuning vir my vriendin se ma, ‘n staatsaanklaer, wat vir die eerste keer ‘n saak daar hanteer het. Dit was die ideale geleentheid. Ek,…

Waarheid in die kollig

Filmresensie vir: Spotlight Regisseur: Tom McCarthy Hoofakteurs: Mark Ruffalo, Michael Keaton, Rachel McAdams, Liev Schreiber, Stanley Tucci Datum van vrystelling: 2015 Joernalistieke rolprente het ’n nuwe prominensie en betekenis begin kry in die afgelope paar jaar. Flieks soos The Post en Frost/Nixon plaas opnuut fokus op die werk van joernaliste en die maniere waarop hulle…

World Choir Games kom SA toe!

Die Wêreld Koorspele, wat elke tweede jaar deur die Duitse maatskappy Interkultur aangebied word, vind vanjaar vir die eerste keer op die Afrika-kontinent plaas. Die Potchefstroomkampus se eie NWU PUK-Koor gaan ook in die komende Julie-vakansie aan hierdie kompetisie in Pretoria deelneem. Die World Choir Games is bekend as die Olimpiese Spele vir koormusiek. Honderde…

Koshuis

Dit het so ‘n rukkie terug begin reën, maar dit het klaar weer opgehou. Wispelturige Potchefstroom-weer. Ek het ‘n uur en ‘n half oor voor ek weer klas toe moet gaan, so ek het besluit om ‘n Voorhuis-middagete te gaan kry en ‘n bietjie in my kamer te kom sit. My klein, boksie-koshuiskamer, skaars groot…

Tuis

Dit moes ’n baie lekker vakansie gewees het, want daar is baie huilende ouers by die busstop. Nie een van hulle is lus om hul studentekind af te sien langs die Greyhound-bus nie, maar hulle sal moet – hy vertrek oor sewe minute. Ek staan ook in die ry, kussing en bagasiekaartjies in die een…

My ‘Happy Song’

Almal het daardie een liedjie. Elke keer as hy speel, maak nie saak in watter bui jy is, of wat als met jou daardie dag gebeur het nie… hy laat jou hart ligter en gelukkig voel. Dit kan dalk die ritme wees, die wysie, die storie, of dalk net Billy Joel se stem, in my…

‘n Aanlyn-storie oor Rabada se skorsing

Ek is nie normaalweg die grootste sport-aanhanger nie, so dis selfs vir my ‘n vreemde ervaring om hierdie te tik. Maar die doel van dié plasing is eintlik om ‘n baie interessante vorm van joernalistiek voor te stel: ‘curation and aggregation’ (ek dink nie die Afrikaans klink so goed nie. Kurasie? Aggregasie?). Dit behels die…

Wenke van ‘n amateur videograaf

Om video’s te skiet, te redigeer en te versprei is nie so maklik soos wat sommige mense dit laat lyk nie. Hier is ’n paar dinge wat ek en die ander drie studente van die joernalistiek-honneursgroep geleer het in die vyf weke waarin ons ’n beginner YouTube-nuuskanaal moes bestuur: ‘n Goeie video begin met hoe…

Jong Sweedse koor maak “fantastisk musik”

So ‘n rukkie terug is ek weggevoer na Swede deur ‘n hoërskoolkoor. ’n Groep leerders van die Stockholm-musiekakademie het op 27 Februarie Potchefstromers in die NWU-Konservatorium in vervoering gehad met ‘n diverse repertoire van kultuurryke koorsang. Dit is die eerste keer dat dié koor Suid-Afrika besoek. Die toer vind plaas ter viering van die dirigent,…

Skryf ‘n kortverhaal vir Rusplekstories

Die Byderhand-projek onder die NWU Skool vir Tale bied nou ‘n kortverhaal-skryfkompetisie aan waarvoor enige iemand op die Potchefstrooomkampus kan inskryf. Byderhand is nie sommer enige vervelige navorsingsprojek nie. Dis ‘n interaktiewe projek wat QR-kodes gebruik waarmee mense ‘n plekspesifieke ervaring van digitale literatuur kan kry, sommer op hulle eie slimfoon of tablet. Al wat…