Tuis

Dit moes ’n baie lekker vakansie gewees het, want daar is baie huilende ouers by die busstop. Nie een van hulle is lus om hul studentekind af te sien langs die Greyhound-bus nie, maar hulle sal moet – hy vertrek oor sewe minute. Ek staan ook in die ry, kussing en bagasiekaartjies in die een…

My ‘Happy Song’

Almal het daardie een liedjie. Elke keer as hy speel, maak nie saak in watter bui jy is, of wat als met jou daardie dag gebeur het nie… hy laat jou hart ligter en gelukkig voel. Dit kan dalk die ritme wees, die wysie, die storie, of dalk net Billy Joel se stem, in my…

‘n Aanlyn-storie oor Rabada se skorsing

Ek is nie normaalweg die grootste sport-aanhanger nie, so dis selfs vir my ‘n vreemde ervaring om hierdie te tik. Maar die doel van dié plasing is eintlik om ‘n baie interessante vorm van joernalistiek voor te stel: ‘curation and aggregation’ (ek dink nie die Afrikaans klink so goed nie. Kurasie? Aggregasie?). Dit behels die…

Wenke van ‘n amateur videograaf

Om video’s te skiet, te redigeer en te versprei is nie so maklik soos wat sommige mense dit laat lyk nie. Hier is ’n paar dinge wat ek en die ander drie studente van die joernalistiek-honneursgroep geleer het in die vyf weke waarin ons ’n beginner YouTube-nuuskanaal moes bestuur: ‘n Goeie video begin met hoe…

Jong Sweedse koor maak “fantastisk musik”

So ‘n rukkie terug is ek weggevoer na Swede deur ‘n hoërskoolkoor. ’n Groep leerders van die Stockholm-musiekakademie het op 27 Februarie Potchefstromers in die NWU-Konservatorium in vervoering gehad met ‘n diverse repertoire van kultuurryke koorsang. Dit is die eerste keer dat dié koor Suid-Afrika besoek. Die toer vind plaas ter viering van die dirigent,…

Skryf ‘n kortverhaal vir Rusplekstories

Die Byderhand-projek onder die NWU Skool vir Tale bied nou ‘n kortverhaal-skryfkompetisie aan waarvoor enige iemand op die Potchefstrooomkampus kan inskryf. Byderhand is nie sommer enige vervelige navorsingsprojek nie. Dis ‘n interaktiewe projek wat QR-kodes gebruik waarmee mense ‘n plekspesifieke ervaring van digitale literatuur kan kry, sommer op hulle eie slimfoon of tablet. Al wat…

Ha… Ha… Hartbees-poortdam!

“Dis ‘n lekker dam, waar die vissies die hele dag byt.” Wicus van der Merwe het kliphard in die klein, rooi Vrystaat-karretjie gespeel waarin ek en ‘n groep vriende by Hartbeespoort in gery het. Ek was nog nooit daar nie. Ek het ook nie geweet dis waarheen ons gaan nie – my vriende het my…

Oor Kliptrappe en Kristal

Daar is ’n meer in Slowenië waar jy, tot vier meter diep, die klippies op die bodem kan sien. Die dorpie Bled het ’n horison-uitkyk op ’n stukkie van die Alpe. Die Bled-meer is veral ’n pragtige natuurverskynsel, geleë tussen ’n handvol bergkoppe. ’n Ou klipkasteel, eie aan Europa, pryk hoog bo die meer op…

‘n Straat-sokkie in Duitsland

Neuses, Freigericht, is ’n doodgewone Duitse dorpie. Waar die inwoners nog brood by die bakkery gaan koop en die kerktoring in die middel van die dorp uitstaan. Dit was een van my gunsteling plekke van ons hele koortoer, omdat dit so anders was: ’n plattelandse dorpie weg van die meeste kommersiële toerismebedrywighede. My eerste ervaring…

Varke, Vriende en Verskriklike Mis

  Die Amatola-staproete by Hogsback, Oos-Kaap, is ’n 10-uit-10. Dit verwys, let wel, na hoe moeilik dit is. Met ander woorde, dis die moeilikste moeilik wat ’n staproete kan wees. Dit is nou volgens die een of ander webtuiste wat een van die lede van ons stapgeselskap gegoogle het, so ek weet nie hoe akkuraat…