Gym toe. Lekker?

Die volgende plasing kan óf as humoristies opgeneem word, óf as uiters beledigend. Dit hang grootliks af van hoe aktief jy by jou plaaslike gym is en hoeveel waarde jy aan oefening as ’n obsessiewe stokperdjie heg, eerder as ’n alledaagse gesondheidsgewoonte. Daar is ’n paar dinge aan ’n gym wat nie heeltemal vir my…

Rugby oor die radio

Dit was Saterdag, amper skemer, op 16 Junie. Jeugdag. Omtrent die hele familie was vir Vadersdag-naweek by Ouma en Oupa se huis in Ladismith (die Klein Karoo een, nie Ladysmith in Natal nie). Die Springbokke sou om 17:00 teen Engeland afskop, en ons was om 16:45 nog buite, besig om Dorito’s met avokado-dip te eet…

Shoe-shiners en vliegtuie

Ek het al voorheen gevlieg, so dis nie asof ek  nie gewoond is hieraan nie. Maar ek moet erken, dis die eerste keer dat ek nie vir iemand hoef te waai van die boarding gate af nie. So, op ’n manier, is ek eintlik nog maar ’n rookie as dit kom by vliegtuie en lughawens….