Weg vir ‘n week

Ek het vir ‘n week lank in Kaapstad gaan werk, en dit was een van die beste en mees skrikwekkende ervarings van my lewe. Daar is verskeie redes hoekom dit ‘n goeie ervaring was, maar een rede vir die skrikwekkende deel: al die mense. Ek het nog nooit soveel mense met ‘n missie van hul…

Worcester

Maak nie saak in watter straat jy is nie, die berge lê altyd iewers voor jou in die verte. Beeldskoon, rustig, net soos Worcester. Die mense hier is nie gejaagd nie. Daar is altyd nog ‘n bietjie tyd vir groet, geselsies aanknoop, mekaar help. Ek was bevoorreg om vir ‘n paar dae hierdie gemeenskap vol…

Van Parys, met liefde

“Welcome to the Free State” is die eerste ding wat jy sien. Ons het seker die omgekeerde bordjie gemis wat die Noord-Wes-provinsie aankondig. Parys is nie mooi in die winter nie, maar die Vaalrivier is. Anders as sy naam, is die rivier altyd aanskoulik in enige seisoen. Dis lekker om te sien wanneer jy oor…

Erfenis van lig en groen

Ek het die voorreg gehad om hierdie plasing as gas-blog vir die webtuiste van die Potchefstroom Eikelaan-projek te skryf. Gaan besoek dit gerus, vir inligting oor die eikelaning en hoekom dit bewaar moet word. ___ My gunsteling tyd van die dag is wanneer die son sak. Nie “’n sonsak” nie, dis heeltemal te cliché. Amper-skemer,…