Crazy Store foto-album

Vier jaar. 162 foto’s. Een rooi, redelike goedkoop album. Dit, blykbaar, is hoe post-studentwees nostalgie lyk. Ek kon nog nooit verstaan hoekom meisies elke jaar nog steeds hulle hele koshuismuur vol foto’s plak nie. Maar ek was een van hulle. En nou sit ek met ‘n klomp foto’s waarvoor ek nie meer plek het in…

My joernalistieke reis: 2018 in ‘n neutedop

Om ‘n joernalis te wees, behels meer as net stories vertel. Selfs ná drie jaar se inleiding tot hierdie veld, het ek dit opnuut besef aan die begin van die jaar. Ek het met blink oë en groot planne met my honneursjaar weggespring, en die jaar was vol onvergeetlike ervarings en waardevolle lesse. Joernalistiek is…

Plek van Geregtigheid: ‘n Opinie

Ek was laas week in die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Nie op enige aanklag nie ‒ darem. Ek was daar as ‘n toeskouer, ‘n aktiewe burger van my land. En as ondersteuning vir my vriendin se ma, ‘n staatsaanklaer, wat vir die eerste keer ‘n saak daar hanteer het. Dit was die ideale geleentheid. Ek,…