Snip-snip

Die haarkapster se oë het gerek toe sy hoor wat ek wil doen. Van kleins af was ek mal oor lang hare. Ek het selfs in die aande gebid daarvoor, ná die een keer wat my ma my hare laat sny het. Elke oggend het ek opgestaan en haar gevra of my hare al langer…

My joernalistieke reis: 2018 in ‘n neutedop

Om ‘n joernalis te wees, behels meer as net stories vertel. Selfs ná drie jaar se inleiding tot hierdie veld, het ek dit opnuut besef aan die begin van die jaar. Ek het met blink oë en groot planne met my honneursjaar weggespring, en die jaar was vol onvergeetlike ervarings en waardevolle lesse. Joernalistiek is…

Seedigters

Ek draf nie baie nie. Oor die algemeen verkies ek mos maar swem of stap, indien ek die dag besluit om aktief te wees. Maar wanneer ek draf, doen ek dit hier: langs die ATKV Wandelroete in my eie vakansiedorp-tuiste, Hartenbos. Die roete is al daar vandat ek kan onthou. Dit was wel eers later…

Van die ander kant

Hierdie is ‘n persoonlike een, en ek kry nie ‘n foto wat die gevoel vasvang nie. Hou egter uit, my volgende blog-plasing gaan ‘n wonderlike kombinasie van see-uitsigte en mooi Afrikaanse digkuns bevat. Belowe. – Ek het aan ‘n netjies gedekte tafel gesit, mooi aangetrek, by ‘n borgebedankingsfunksie wat ek vir eens in my universiteitsloopbaan…

Mahikeng se storie

Daar is altyd mis wat in die oggend op die platteland lê. ’n Sagte, soliede wit. Soos ’n wolkombers, net baie, baie kouer. Dis seker die asems van die vaal gras wat onder hom lê, en die bome wat plek-plek bo die wit uitsteek. Ek neem met ons geleende kamera foto’s van die landskap. Dis…

Plek van Geregtigheid: ‘n Opinie

Ek was laas week in die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Nie op enige aanklag nie ‒ darem. Ek was daar as ‘n toeskouer, ‘n aktiewe burger van my land. En as ondersteuning vir my vriendin se ma, ‘n staatsaanklaer, wat vir die eerste keer ‘n saak daar hanteer het. Dit was die ideale geleentheid. Ek,…