My nuwe beroep (en my beroep op die leser)

So, wat presies doen ek vir ’n lewe? Soos die lesers van my vorige plasings seker nou al agter gekom het, hierdie is wat ’n mens noem ’n “persoonlike blog” gebaseer op my eie ervaringe en gedagtes. So, meestal net opstelle en kort geskrewe weergawes van my ervarings. Maar my biografie sê dan ek skryf…

Green Bay, Wisconsin

Dit was die hoogtepunt van die jaar, die twee weke waarna ons Suid-Afrikaanse groepie al vir maande lank uitsien. En ek bedoel dit letterlik, aangesien ons uitgawes vir omtrent die hele jaar ook in hierdie reis gekanaliseer is.   Die agtergrondstorie vir hierdie twee week-ekspedisie wat ek, my ouers, twee huisvriende en my kêrel in…

Weg vir ‘n week

Ek het vir ‘n week lank in Kaapstad gaan werk, en dit was een van die beste en mees skrikwekkende ervarings van my lewe. Daar is verskeie redes hoekom dit ‘n goeie ervaring was, maar een rede vir die skrikwekkende deel: al die mense. Ek het nog nooit soveel mense met ‘n missie van hul…

Worcester

Maak nie saak in watter straat jy is nie, die berge lê altyd iewers voor jou in die verte. Beeldskoon, rustig, net soos Worcester. Die mense hier is nie gejaagd nie. Daar is altyd nog ‘n bietjie tyd vir groet, geselsies aanknoop, mekaar help. Ek was bevoorreg om vir ‘n paar dae hierdie gemeenskap vol…

Vignette: The Choo Choo Junction

Een van die lekker praktiese opdragte was ons as Honneursstudente in joernalistiek gekry het: Vignette: A brief evocative description, account, or episode. ‘a classic vignette of embassy life’ Oxford Dictionaries Dink daaraan as ‘n “slice-of-life” gedeelte, ‘n beskrywing van iets – plek, mens, situasie – wat ‘n indruk laat. Ek het onlangs die geleentheid gehad…

Van Parys, met liefde

“Welcome to the Free State” is die eerste ding wat jy sien. Ons het seker die omgekeerde bordjie gemis wat die Noord-Wes-provinsie aankondig. Parys is nie mooi in die winter nie, maar die Vaalrivier is. Anders as sy naam, is die rivier altyd aanskoulik in enige seisoen. Dis lekker om te sien wanneer jy oor…

Rugby oor die radio

Dit was Saterdag, amper skemer, op 16 Junie. Jeugdag. Omtrent die hele familie was vir Vadersdag-naweek by Ouma en Oupa se huis in Ladismith (die Klein Karoo een, nie Ladysmith in Natal nie). Die Springbokke sou om 17:00 teen Engeland afskop, en ons was om 16:45 nog buite, besig om Dorito’s met avokado-dip te eet…

Shoe-shiners en vliegtuie

Ek het al voorheen gevlieg, so dis nie asof ek  nie gewoond is hieraan nie. Maar ek moet erken, dis die eerste keer dat ek nie vir iemand hoef te waai van die boarding gate af nie. So, op ’n manier, is ek eintlik nog maar ’n rookie as dit kom by vliegtuie en lughawens….

Mahikeng se storie

Daar is altyd mis wat in die oggend op die platteland lê. ’n Sagte, soliede wit. Soos ’n wolkombers, net baie, baie kouer. Dis seker die asems van die vaal gras wat onder hom lê, en die bome wat plek-plek bo die wit uitsteek. Ek neem met ons geleende kamera foto’s van die landskap. Dis…